Algemene Vrae
Kan ek die program volg en “Intermittent Fasting” ook doen?
Daar word net op dag 30 en dag 37 van Gesonder met SARIE se program gevas waar die kliënt ontbyt oorslaan en dan eers middagete eet.
Dit word eerder aanbeveel dat jy gelei word deur ‘n opgeleide, professionele persoon as jy “Intermittent Fasting” wil doen.
Wat is ’n lae-koolhidraat leefstyl?
Die lae-koolhidraat, gesonde vet leefstyl- en kosbenadering fokus op die eet van regte kos vir maksimum gesondheid. Dit beteken dat koolhidrate tot ’n minimum beperk word
en suiker, stysel en chemies-behandelde kossoorte uitgesny word, terwyl jou inname van onverwerkte kosse, gesonde versadigde vette en voedsame groente verhoog word.
’n Lae-koolhidraat leefstyl het reeds merkwaardige resultate getoon vir diabete en selfs die aanvang van tipe 2 diabetes in sommige persone omgekeer. Ander gesondheidsvoordele sluit in verminderde honger, gesonder vel, verligting van prikkelbare dermsindroom, verbeterde bloeddruk en cholesterol en, natuurlik, maklik volhoubare gewigsverlies. Dit is ’n leefstyl propvol heerlike kos vir jou om te geniet. Dit sal jou lewe verander.
Vir meer inligting oor wat jy kan en nie kan eet nie, kan jy ons koslyste bestudeer sodra jy ingeskryf het en aanteken op die webwerf.
Wat kry ek in die Gesonder met SARIE program?
- ’n Fantastiese spesiaal-ontwerpte eetplan vir ses weke van ’n lae-koolhidraat leefstyl
- Inkopielysies vir elke week om beplanning en inkopies te vergemaklik
- Toegang tot meer as 60 heerlike beproefde resepte, sowel as goeie wenke en idees
Wat kan ek eet?
Skryf in vir die Gesonder met SARIE-program vir toegang tot ’n volledige lys van wat jy kan en nie kan eet nie.
Kan ek alkohol drink?
Dit is moeilik, maar ons is realisties oor wat volhoubaar is en wat nie. Droë rooi- en witwyn word in matige hoeveelhede toegelaat na die eerste twee weke van Gesonder met SARIE (nie elke dag nie en nie drie glase nie!). Dieselfde geld vir sterk dranke soos whisky, sjampanje, brandewyn, rum, vonkelwyn, tequila en vodka. Maar bly weg van bier …
Word suiwelprodukte toegelaat?
Ons stel voor dat jy aanvanklik suiwelprodukte uitsny – aangesien dit hoog is in natuurlike suiker – en dit dan herbekendstel na die eerste twee weke. Maar maak seker dat jy slegs volvetprodukte gebruik en beperk jou inname. As jy egter ’n Paleo-benadering volg, sal jy alle suiwel moet uitsny. ’n Streng Paleo-eetplan laat nie toe vir suiwelprodukte soos melk, botter, jogurt of kaas nie, want jagter-versamelaars het nie koeie gemelk nie. Jy kan hierdie produkte vervang met suiwelvrye alternatiewe soos klapper-, amandel- of kasjoemelk.
Wat van sjokolade?
Ons is baie bly om te sê JA! Weereens is matigheid die sleutel, en maak seker dat jou sjokolade minstens 75% suiwer kakao bevat – hoe hoër die persentasie kakao, hoe beter. Maar suiker is verslawend en as jy jouself nie kan stop na ’n blokkie of twee nie, is dit waarskynlik beter om heeltemal weg te bly.
Moet ek suiker vir ewig vaarwel toeroep?
Die kort antwoord is JA. Die lang antwoord is JA en jy sal dit nie eens mis nie. As jy eers begin, sal jy na ’n paar weke van ’n lae-koolhidraat leefstyl agterkom dat jy nie meer smag na suiker nie – en daar is baie heerlike alternatiewe vir daardie oomblikke wanneer jy dink dat niks anders die ding sal doen nie. Suiker is toksies, en as jy ’n diabeet is, is suiker beslis nie ’n opsie nie. Om ’n lae-koolhidraat leefstyl te volg is nie ’n dieet nie, maar dis ’n leefstyl wat jy met plesier sal volg!
Wat van volgraanprodukte en lae-GI stysels?
Nee. Grane is heeltemal uit – jy het hulle regtig nie nodig nie. As jy ’n atleet is, mag jy dalk ekstra stysel in jou dieet moet voeg in die vorm van byvoorbeeld patat of pampoen, maar grane – ongeag wat die verpakking sê – is net nie goed vir jou nie.
Sal ek gewig verloor met Gesonder met SARIE?
Ja. Hierdie eetplan is spesifiek ontwerp om probleemareas te teiken wat gewigsverlies affekteer. Dit is waarom vette, suiwel en neute in die eerste twee weke tot ’n mate beperk word, hoewel hulle deel uitmaak van die lae-koolhidraat leefstyl. Daarna word hulle geleidelik herbekendgestel, wat jou toelaat om die effek te monitor wat elk van hulle op jou gewigsverlies het. Elke persoon reageer anders, daarom is dit belangrik om daarop te let en jou langtermynplan daarvolgens aan te pas.
Kan ek die program volg as ’n vegetariër/streng vegetariër (vegan)?
Vegetariërs en streng vegetariërs sal ongelukkig nie die Gesonder met SARIE- program kan volg nie, want vleisproteïene (en vet!) is ’n belangrike deel van die lae- koolhidraat leefstyl.
Is daar drie maaltye per dag?
Daar is ’n baie spesifieke ontbyt en aandete vir elke dag, maar nie middagete nie. Dit is omdat, in ons ervaring, jy waarskynlik nie eens honger sal wees teen middagete nie. Maar jy is welkom om enige van ’n aantal goedgekeurde peuselhappies tydens middagete te eet as jy wil – middagete is geensins verbode nie, ons het net gevind dat ons dit baie selde wou eet! Dit is waarom die Gesonder met SARIE-program fokus op ontbyt en aandete.
Kan my gesin saam met my ’n lae-koolhidraat leefstyl volg?
Natuurlik! Maar die res van jou gesin mag dalk hier en daar iets moet byvoeg. Omdat insulienweerstandigheid dikwels ouderdomsverwant is, is dit nie ’n probleem as jou kinders soms ’n bietjie rys of aartappel saam met hulle aandete geniet nie. Maar die basiese Gesonder met SARIE-eetplan is baie gesond vir almal van julle – en al die resepte maak genoeg vir vier mense!
Sal die program baie van my tyd in beslag neem?
Nee – die etes is baie maklik om voor te berei en al die bestanddele is geredelik beskikbaar. Jy kan ook jou inkopielysies vooraf aflaai sodat jy al die bestanddele byderhand kan hê, wat dit doodmaklik maak om die etes te kook. ’n Interessante kanttekening hier: Ons het agtergekom dat selfs diegene wat nie juis graag gekook het voor hulle lae-koolhidraat leefstyl nie, daarvan begin hou het nadat hulle daarmee begin het! Jy kan dit dus beskou as ’n gewigsverliesprogram met ’n gratis kookkursus. ’n Wen-wen!
Kan ek van enige plek in die wêreld inskryf vir die program?
Absoluut. Gesonder met SARIE het reeds baie internasionale volgelinge.
Gaan ek elke dag moet kook?
Dis jou keuse. Jy kan verseker van die aandetes vooraf voorberei, maar die ontbyte sal ’n bietjie moeiliker wees (opgewarmde eier is nie iets wat ons aanbeveel nie!). Kos is altyd die beste wanneer dit vars is en kook is deel van die pret.