Hoe dit werk
Welkom by Gesonder met SARIE. Jy is op die punt om beheer te neem van jou gesondheid en jou lewe vir altyd te verander. Welgedaan!
- Sukkel jy om agter die kap van die byl te kom van ’n lae-koolhidraat leefstyl?
- Wonder jy waarom jy nie gewig verloor nie?
- Is jy onseker wat – en hoeveel – jy mag eet?
- Sukkel jy om etes te beplan en idees te kry vir resepte vir jou lae-koolhidraat, gesonde vet leefstyl?
Indien wel, het ons die antwoorde!
Ons sesweeklange program is spesiaal vir jou ontwerp.
Ons vertel jou presies hoe om ’n
lae-koolhidraat leefstyl te volg
wat jou gesondheid sal verbeter EN gewigsverlies sal optimaliseer.
Elke resep is spesiaal ontwerp en goedgekeur deur ons span van
Gesonder met SARIE tydskrif-
eksperts om jou te help om die
kilo’s af te skud.
Vir ses weke hoef jy nie te dink oor
wat om te eet nie: Ons sê vir jou
presies wat om te doen en hoe om
dit te doen.
Jou sesweeklange program sluit in:
- ’n Inleiding wat die program wat voorlê verduidelik – met uitstekende raad en wenke om jou aan die gang te kry
- ’n Weeklikse inkopielys
- ’n Weeklikse eetplan en resepte
- Die lys van kossoorte wat jy mag en nie mag eet nie
Gesonder met SARIE is ’n spesiaal-ontwerpte aanlyn program wat jou nie net sal help om kilo’s af te skud nie, maar ook die manier sal verander waarop jy
oor kos dink.
En ja, dit beteken ’n verandering van wat jy eet en hoe jy inkopies doen.
Maar – hier’s die goeie nuus:
- Jy gaan glad nie ly in die proses nie!
- Jy gaan heerlike, gesonde kos eet.
- Jy sal nie honger of ontneem voel nie.
- Jy gaan so goed voel en lyk dat jy sal wonder waarom dit jou so lank geneem het.
’n Paar dinge om in ag te neem voor jy begin
- Daar’s geen alkohol in die eerste twee weke nie, vir twee redes: Eerstens, as jy nie drink nie, hoef jy nie rekening te hou met die “Ag, wat ook al”-faktor nie (gewoonlik die laaste ding wat jy dink voor jy deur ’n berg koolhidrate en suiker ploeg); en tweedens sal jy nie met ’n babelaas wakker word wat vra na ’n doughnut nie.
- Ons weet die versoeking is daar, maar dis waarskynlik die beste om nie op ’n koolhidraat- en suiker“binge” te gaan voor jy begin nie, want a) dit beteken jy begin met die verkeerde veronderstelling (d.w.s. verwag dat jy ontneem gaan word) en b) dit beteken dat jy meer gewig sal hê om te verloor (en meer gesondheidsprobleme om op te los).
- Jy gaan suiker eensklaps los – maar daar sal genoeg lekker kos wees om te eet, so moenie te bekommerd wees nie; dit sal baie makliker wees as wat jy dink, belowe!
- Jy moet onthou dat ’n lae-koolhidraat, gesonde vet eetplan nie ’n hoë-proteïen dieet is nie. Dis ’n gesonde vet, medium-proteïen benadering tot eet wat baie nie-styselryke groente insluit. Wees dus versigtig met die biltong. NATUURLIK mag jy dit eet – en hoe vetteriger, hoe beter. Maar ’n kilo op ’n slag? Nee. Dieselfde geld vir vleisporsies met aandete – palmgrootte is genoeg.
- Suiwel word na die eerste twee weke toegelaat – solank dit volvet is, natuurlik, maar dit word beperk. Tensy jy ’n Paleo-benadering volg, dan geen suiwel nie – lees meer hieroor in ons Algemene Vrae. Ons beveel sterk aan dat jy melk heeltemal uitsny – ten minste aanvanklik – omdat dit hoog is in natuurlike suiker. Ruil dit vir room of botter as jy moet (ja, regtig!), maar meer daaroor in die program.
Dit gaan fantasties wees …
Regtig – jy gaan jou lewe vir altyd verbeter.
Neem nou ’n “Voor”-selfie. Want oor ses weke gaan jy jou oë nie glo nie!